Vol 3 + Nr 3 + Maart 1996nC + Ligstryders
WYSHEID
Wysheid

Posbus 74904 Lynnwoodrif 0040 RSA
Tel: (012)331-8121 Faks: (012)331-8121
e-pos: [email protected] http://ligstryders.bizland.com



INHOUD

BR> Christian Liberty Academy se kampus in die VSA wat ook die tuisskoolafdeling huisves. Vandag het hulle meer as 22000 tuisskoolstudente in 50 van die Amerikaanse state en in 56 lande in die wêreld.

Onderwyskrisis


Die afgelope maand is 'n krisis in Afrikaanse onderwys aan die ontwikkel. Die nuwe voorlopige onderwyswet maak dit duidelik dat die regering die onderwysstelsel onder sy beheer wil hou. Volgens die nuwe beleid sal die staat alle eiendom van ModelC skole konfiskeer. Verder het dit ook duidelik geword dat geen Afrikaanse staatskool toegelaat sal word om uitsluitlik in Afrikaans skool te gee nie. (Roca Report, Maart 1996 no 87. Posbus 35225, Menlopark, 0102, Suid-Afrika) Dit wil ook lyk of Afrikaanse Universiteite stadig maar seker gaan sneuwel.

Vir baie Afrikaanse ouers is die skokkendste die feit dat alle Afrikaanse staatskole in effek nou dubbelmediumskole sal moet word. Dít is egter nie die skokkendste nie. Wat wel uiters skokkend is, is dat die staat na willekeur ouerverenigings sommer ontbind. Dit impliseer dat kinders aan die staat behoort.

Waaroor gaan dit regtig?

Die Suid-Afrikaanse regering gee voor dat dit om rassisme gaan, maar as mens so 'n bietjie dieper kyk, kom mens agter dat dit nie daaroor gaan om die Afrikaanse-onderwys te ontAfrikaans nie. Nee, hierdie gebeure is net 'n episode in 'n baie groter verhaal. Dit gaan oor die beheer van die onderwys.

Wat egter nog meer hartseer is, is dat baie Afrikaners vir die set val en glo dat die hele geveg wel oor die ontAfrikaner van instellings gaan. In hierdie proses loop Afrikaners die gevaar om die geveg te verloor omdat hulle vir minder belangrike redes stry. Daar is geen twyfel dat wel gestry moet word nie, maar dan eerstens omdat Christenwaardes bedreig word en slegs tweedens omdat die Afrikanerkultuur bedreig word. Nie-Afrikaner Christene moet nie dink dat die Sekulêr Humanisties oorheersde owerhede gaan ophou by Afrikanerskole en instellings nie. Hierdie is nog net die begin. As na ander lande gekyk word, waar Sekulêre Humanisme oorgeneem het, byvoorbeeld die VSA, sien mens dat kinders nie mag bid op skool nie, nie die Bybel mag lees nie en nie die Tien Gebooie by skole mag vertoon nie. Verder word die kinders met uiters negatiewe dinge soos "Death Education" gebombardeer. 'n Harseer ouer skryf:
"My 16 jarige seun se chemie onderwyser het in detail beskryf hoe om jouself 'pynloos' dood te maak deur jouself te verdrink. Die volgende nag het my seun gewigte aan sy enkels vasgemaak en homself verdrink in die swembad. Dit was seersekerlik nie pynloos soos hy vertel is nie; hy het verniet probeer om los te kom en het versmoor."
Nog 'n ouer skryf:
"My graad vyf (standerd 3) kind is na die plaaslike begrafnis salon geneem om die balsemingskamer te besigtig."
'n Ander ouer skryf weer:
"My kind is verplig om te kies watter vier persone van die volgende tien uit die weg geruim moes word, omdat hulle nie geregtig is om te leef nie en hy moes sê hoekom: 'n 31 jarige boekhouer, 'n ses maande swanger vrou, 'n swart millitante swart student, 'n 42 jarige historikus, 'n Hollywood sanger/danser, 'n biochemikus, 'n 54 jarige rabbi, 'n olimpiese atleet, 'n kollege 'coed', 'n polisieman met 'n pistool."
(Voetnota: The Christian Educator, Vol 4 No 1, p 7. CLASS, 502 W Euclid Ave, Arlington Heights, IL 60004, USA)

Verder is 'n tienjarige gestremde meisie, Audrey Pearson, deur haar skoolhoof verbied om die Bybel te lees terwyl sy met die bus na die skool ry. (Rutherford Institute pamflet , PO Box 7482, Charlottesville, VA 22906-7482, USA)

Dit het tyd geword dat alle Christene in Suid-Afrika saamstaan teen die anti-Christelike dinge wat in ons land aangaan. Vir 'n meer volledige uiteensetting van die vrugte van Humanistiese onderwys skryf aan Ligstryders en vra vir Wysheid Maart 1995. Skryf ook aan Signposts en vra vir Vol 11 nr 6A 1992. Koop ook Bybelse Beginsels vir Suid-Afrika van Ligstryders. Lees America to Pray or Not To Pray deur David Barton.

Die gebeure in die onderwys en hierdie feite noop Afrikaanse Christenouers om opnuut te kyk waaroor onderwys regtig gaan. Hoekom word kinders onderrig? Wat moet kinders met 'n opvoeding maak? Wat moet aan kinders geleer word? Al hierdie vrae sal egter nie net deur Afrikaanse ouers gevra moet word nie, maar deur alle Christenouers.

Heel eerste moet ouers besef dat kinders nie aan die staat behoort nie en ook nie aan ouers nie, maar kinders behoort aan God en word as geskenk aan ouers gegee om hulle tot eer van God groot te maak.

"En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan." - Deut 6:6-7

Kinders se opvoeding is die verantwoordelikheid van die ouers. Ouers kan hierdie verantwoordelikheid deligeer, maar ouers is nog steeds verantwoordbaar aan God.

Oorsprong van moderne onderwys

"Die moderne idee van algemene opvoeding - d.w.s. opvoeding vir almal - het oorspronklik in Europa ontstaan gedurende die Protestantse Reformasie toe die pouslike gesag vervang is deur Bybelse gesag. Sedert die Protestantse rebellie teen Rome, wat deels ontstaan het as gevolg van Bybelstudie en -interpretasie het dit vir Protestantse leiers duidelik geword dat die oorlewing en vrug van die reformasiebeweging wydverspreide Bybelse geletterdheid onder mense van alle sosiale vlakke absoluut genoodsaak het."- Samuel Blumenfeld, Is Public Education Necessary? Vol 7 bl 560.

Die Protestante se primêre doel met onderwys kan gesien word in geskrifte van onderwysers soos Mathurin Cordier wat skool gegee het aan van die Hevormers: "Spreek allereers met die kinders van God en van die hemelse dinge. Leer hulle wat nie aan hulleself oorgelewer is nie maar deur die hulp van God gesteun word, om Christus lief te hê, Christus in te adem en Christus in die mond te hê. Giet die naam van Jesus Christus druppelgewys in die siele van u leerlinge; bring hulle tot Hom, laat Hom in hulle deurdring, prent hulle so gedurig die Woord van God in, dat hulle ten minste deur enige vonke van God se liefde getref word. Gooi die bondels latte weg en gebruik die fakkels en die klein vlamme van die Godsvrug." (Die Beweging vir Christelike-volkseie Onderwys, ISBN 1-874806-13-6 bladsy 19)

In die VSA het die Protestante wat daarheen geïmmigreer het 'n skoolstelsel van privaatskole en tuisskole geïmplimenteer. In Suid-Afrika is "met moeite en koste huisonderwysers in diens geneem; die basiese kundighede lees, skryf en reken is verwerf met die hoofdoel dat kinders in staat sou wees om die Bybel te lees." (Die Beweging vir Christelike-volkseie Onderwys, ISBN 1-874806-13-6 bladsy 20)

Drie-honderd jaar na die Reformasie in Europa het die Ateïs, Robert Owen, in Skotland 'n skool gestig om die kinders te vorm om "beter" mense te wees. Owen het nie geglo dat die mens van nature tot sonde en tot die kwade geneig is soos wat Rom 3 sê nie, maar dat 'n mens se omgewing bepaal hoe mens se optrede sal wees (ewolusie). Hy het geglo dat kapitalisme en godsdiens 'n omgewing skep wat mense "sleg" maak. Gevolglik het hy die Institute for the Formation of Character begin om die kinders die regte omgewing te gee om hul gedrag beter te kan vorm. Die gevolgtrekkings wat uit die suksesse van hierdie skool gemaak is, is in 1813 gepubliseer en onder invloedrykes in die samelewing versprei. In 1819 is staatskole in Pruise ingestel wat geskoei was op Owen se idees. Later het die Unitariërs weer by die Pruise gaan kers opsteek om staatskole in die VSA in te stel.
(Voetnota: Is Public Education Necessary?, Samuel Blumenfeld, bladsy 37-42.)
Die hoofmotivering hoekom die Unitariërs staatskole gestig het was om kinders te vorm soos hulle wou hê hulle moet wees deur hulle weg te neem van hul ouers. Aan die publiek is egter vertel dat die rede vir hul ondersteuning van staatskole hul besorgdheid vir die arm mense is.
(Voetnota: Is Public Education Necessary?, Samuel Blumenfeld, bladsy 45,62-63.)

Natuurlik het die gebeure in Europa ook sy invloed op Suid-Afrika uitgeoefen en is staatskole ook in Suid-Afrika geïmplimenteer. Hoewel regerings van lande wat goedgesind was teenoor die Christene van tyd tot tyd die Evangelie in staatskole bevorder het, is die beginsel van staatskole onbybels. Lev 19:15 sê uitdruklik dat in die gereg mag die geringe (armes) en ook nie die aansienlike (rykes) voorgetrek word nie. Met staatskole word die staat gedwing om sy onpartydigheid prys te gee, want belastinggeld van rykes word gebruik om armes voor te trek.

Dit was egter nie net die ateïstiese (Is Public Education Necessary bl 45) Owen wat 'n voorstaander van staatskole was nie. Die vader van Marxisme, Karel Marx, het in sy Communist Manifesto gesê:
"Bourgeois home education pass on the divisive religious class bias of the parents" . (Aangehaal deurMark Kreitzer op kasset Education: Whose Responsibility. Koop by Posus 74904, Lynnwoodrif, 0040)

____________________________________________________________ _________________

Historiese figure wat tuis skoolgegaan het
Bron: The Right Choice : Home Schooling, CJ Klicka, Hoofstuk 7
Persoon Beskrywing
Prins Willem van Oranje Protestantse leier en stigter van die Hollandse republiek.
George Washington Eerste President van die VSA.
Benjamin Franklin Drukker, Skrywer, Uitvinder.
Florence Nightingale Stigter van die moderne verpleegkunde.
John en Charles Wesley Bekende sendelinge en predikers in Brittanje en VSA.
Jonathan Edwards Bekende Calvinistiese teoloog en prediker.
William Carey Sendeling wat onuitwisbare invloed op Indië uitgeoefen het.
Thomas Edison Uitvinder van die gramafoon, elektriese gloeilamp ens.
CS Lewis Bekende Christenskrywer.
Agatha Christie Bekende skrywer.
Wolfgang A Mozart Bekende komponis.
Felix Mendelsohn Komponis, skilder en atleet.
Blaise Pascal Wetenskaplike en ontwerper van die voorganger van die moderne rekenaar.
Douglas MacArthur VSA Generaal tydens WO II en Koreaanse oorlog.
Abraham Lincoln Een van talle VSA presidente.
____________________________________________________________ _________________

Is daar hoop?

"God is vir ons 'n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef. Daarom sal ons nie vrees nie, al waggel die aarde en al wankel die berge weg in die see...Die HERE van die leërskare is met ons; die God van Jakob is 'n rotsvesting vir ons." - Ps 46

Dat die pad voorentoe moeilik gaan wees is baie duidelik. Dat ons vervolging in die gesig staar is baie waarskynlik. Dat Christenouers in tronke gegooi kan word omdat hul hul kinders self skool gee, is ook baie moontlik. Verder is dit ook 'n feit dat die belastinglas wat op die gemiddelde burger druk, baie swaar is. Die standaard van onderwys in Suid-Afrika gaan na verwagting net so dramaties in duie stort soos in die VSA en Brittanje.

Tog kan al hierdie dinge as geleenthede gesien word. Hierdie feite is 'n wonderlike geleentheid om ouers te dwing om daaroor na te dink of die kool die sous werd is dat beide ouers werk en die kinders deur 'n humanistiese staatsinstelling en deur humanistiese televisie grootgemaak word. Ouers sal daaroor moet besin of dit nie makliker en goedkoper sal wees as die moeder deur die gesin "in diens geneem word" en die kinders tuis skoolgegee word nie.

In die VSA het die tuisskoolbeweging so 'n groot impak op die samelewing gemaak dat daar selfs nou winkels is wat spesialiseer in tuisskoolbenodigdhede. Die tuisskool afdeling van Christian Liberty Academy in die VSA het byvoorbeeld met slegs 20 tuisskoolgesinne begin in 1972. Vandag het hulle meer as 22,000 tuisskoolstudente in 50 van die Amerikaanse state en in 56 lande in die wêreld. Niemand weet regtig hoeveel kinders tuis onderrig word in Amerika nie, omdat tuisskole nie deur die staat geregistreer word nie. Ramings van die hoeveelheid kinders wat tuis onderrig word, wissel van so laag as 30,000 tot so hoog as tien miljoen.

Tog was dit nie maklik vir die Amerikaanse Christene nie. Die stryd vir die vryheid om hul kinders self te kan skoolgee, het beteken dat vele ouers in hegtenis geneem is, hofsake gestry moes word en baie gebid moes word. So vertel Peggi Williams: "My husband was getting ready to go to choir practice and my son looked out the window and said: 'Mama, the police are pulling in our driveway and all their lights are flashing. Mama, they've come to arrest you!' And I said, 'No honey, don't worry, they're not going to arrest me, they're just going to give Mama a ticket.' And we opened the door and there stood Sergeant Dobson who said, 'I'm arresting you on two counts of truancy.' And so they took me to jail, put me in a cell and shut the door." (Religious Apartheid, The Rutherford Institute 1994, PO Box 7482 Charlottesville VA 22906 USA)

Wat kan gedoen word?

1. Besef heel eerste dat die onderwys in Suid-Afrika in 'n gemors is.
2. Bid dat ons hemelse Vader nie sy hand van beskerming heeltemal van ons af sal wegtrek nie.
3. Rig vertoë aan die Suid-Afrikaanse regering en vra vir hulle om ouers toe te laat om kinders self skool te gee. Die nuwe nasionale skolewet en beleidswet sal heelwaarskynlik in Augustus voor die parlement dien. Nou is die tyd om hierdie wette se inhoud te beïnvloed. Hierdie wette is baie belangrik, want dit gaan bepaal hoe maklik of moeilik Christene Christelike onderwys gaan bedryf in die nuwe Suid-Afrika. Skryf aan: Mnr Blade Nzimande, Parlement, Posbus 15, Kaapstad 8007 Tel: (021)403-2718 of (021)403-3023 Faks:(021)26-2774 e-pos: [email protected]
4. Skryf briewe aan koerante en deel hierdie inligting aan die breë publiek mee. Praat met Christene by jou plaaslike gemeente.
5. Oorweeg dit om self 'n Christenskool te begin.
6. Indien u wil help om bestaande Amerikaanse Christen/Tuisskool materiaal te vertaal, tree met ons in verbinding.
7. Maak fotostate van hierdie nuusbrief en gee dit aan ander belangstellendes. W

Volharding


Die verhaal van 'n man wat nie veronderstel was om sukses te behaal nie:
Hy het 'n moeilike tyd as kind gehad
Hy was minder as een jaar op skool
Sy besigheid misluk op 31 jarige ouderdom
Hy word verslaan vir die wetgewer op 32
XXCr>Hy word tot die wetgewer verkies op 34
Sy verloofde sterf op 35
Hy word verslaan as speaker op 38
Hy word verslaan as verteenwoordiger op 40
en trou met 'n vrou wat 'n groot las vir hom was toe hy 42 was.
Hy word verslaan as kongreslid op 43
Hy word verslaan as kongreslid op 46
Hy word verslaan as kongreslid op 48
Hy word verslaan as senator op 55
Hy word verslaan as visi-president op 56
Hy word verslaan as senator op 58
Hierdie man was Abraham Lincoln, die president van die VSA,1860-1865

"Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie." - 1 Kor 15:58 W

TUKS


Op 14 Maart het meer as veertig studente wat aan die Universiteit van Pretoria studeer bymekaar gekom om 'n Ligstryders op kampus te stig.

Corneel du Toit is tot voorsitter verkies, Francois du Toit tot ondervoorsitter en Maryke van der Merwe tot sekretaresse.

Verskeie projekte word beplan, waaronder seminare vir Prof McMurtry waar hy oor die skeppingsleer teenoor die evolusie sal praat. Die graffitimuur sal ook 'n nuwe laag verf kry later vanjaar. Verder wil hierdie TUKIES ook aan die sendingweek deelneem in die tweede helfte van 1996.

As jy deel wil uitmaak van hierdie poging is jy welkom om by ons aan te sluit. Kontak vir Corneel by: 012-3440378.W

Lewenskettings


Die 21ste Maart was menseregte dag. Christene regoor Suid-Afrika het bymekaar gekom om te sê dat moord (aborsie) op aanvraag sonde is en dat Christene nie moord op aanvraag kan of sal goedpraat nie. Lewenskettings is in Pretoria, Centurion, Boksburg, Kaapstad, Bloemfontein en Durban gehou waar motoriste ingelig is met plakkate soos: Aborsie is Moord en Aanneming nie Abortering.

Van kleuters tot ou ooms en tannies tot mense in rolstoele het aan hierdie gebeurtenis deelgeneem. Die SAUK (of die SABC soos dit onlangs herdoop is) het ook 'n draai kom maak en onderhoude met talle van die Kettingstaners in Pretoria gevoer. Die program oor die Lewenskettings is Sondagoggend 31 Maart op SABC2 uitgesaai.

Die lekkerste was wanneer motoriste omtrent uit hul motors peul om vir ons te waai en hulle toeters druk om te sê dat hulle saam met ons staan en met ons saamstem. Party motoriste het selfs langs die pad gestop!

Christene beskou dit as totaal inkonsekwent om van menseregte te wil praat as ongebore babas se mees basiese reg, die reg op lewe, ontneem word. Na verwagting gaan wetgewing teen Meimaand voor die parlement gelê word om aborsie op aanvraag moontlik te maak. Indien die regering sou voortgaan om Aborsie (Moord) op aanvraag goed te keur, sal Christene geen alternatief hê nie as om nog meer aktief te raak en as sout en lig in die Suid-Afrikaanse gemeenskap op te tree.

Wanneer na die gevolge van aborsie op aanvraag gekyk word, is dit duidelik dat dit nie net fataal is vir die ongebore baba nie, maar ook vir:
die vrou - wat 'n groter kans na aborsie het om borskanker te kry.
Geslagseleksie aborsies kom al meer in lande in Asië voor. Gevolglik is 97.5% van Sjinese aborsies dogters.
die gemeenskap - wat lewe dan begin minag. In Westerse lande word geaborteerde babas gebruik in skoonheidsmiddels, in produkte vir suikersiekte en om oorringe van te maak. Biblical Solutions to Contemporary Problems bl 14-16
die land - wat God se toorn sal ontgeld (Ps 106:37-40).
Omdat lande in Europa hul babas aborteer, is daar nou na dekades meer oumense en minder jongmense. In Frankryk is daar net 2.2 werkers per pensionaris en in Duitsland is daar net 1.4. Is die volgende stap om oumense uit die weg te ruim deur genadedood?

Ons dank die Here vir die honderde Christene wat deelgeneem het aan hierdie Lewenskettings, die duisende motoriste wat bereik kon word met ons boodskap en die gratis advertensie wat ons op die SABC gekry het.

Dit was ook wonderlik om die reaksie van Christene op die advertensie vir die Lewensketting wat op Radio Kansel uitgesaai is, te ervaar. Oom Eddie Kotze van Zuurbekom wat 77 jaar oud is en blind is, het gebel om te sê hy stem met ons saam dat aborsie verkeerd is en dat die eintlike probleem die onsedelikheid is. Frazer Robinson van Secunda het ook gebel en gevra of daar ook 'n Lewensketting in Secunda gaan wees. Toe aan hom vertel is dat daar nie 'n Lewensketting in sy dorp is nie, wou hy die inligting hê om te probeer om 'n ketting te reël. Die verbasing was groot toe uitgevind word dat Fraser blind is. Oom Tony Crocroft van George het ook gebel en was so opgewonde dat hy ons uitgenooi het om na George te kom om die mense daar te kom inlig.

Mag die Here ons as Christene getrou maak om vir die waarheid te staan wat ook al gebeur. W

[Mail to: Ligstryders] [Home] [Top of Page]

Saamgestel deur Ligstryders: [email protected] Posbus 74904 Lynnwoodrif 0040 Suid-Afrika