Ligstryders is Christen
Afrikaners (1 Kor 9:15-23) wat hulle beywer om as deel van die Groot Opdrag
van ons Verlosser en Heer, Jesus Christus (Matt 28:16-20) die Bybelse
Wêreldbeskouing op alle lewens- en studieterreine te verkondig,
bevorder en verdedig. "en leer hulle om alles
te onderhou wat Ek julle beveel het." - Matt 28:19
Ligstryders is bekommerde Christene wat meedoen aan die volgende: GEBED: Gebed vir ons gesinne en vriende, vir ons kerke en ons volk, vir herlewing en reformasie. "En Ek het onder hulle 'n man gesoek wat 'n muur kan bou en voor my aangesig in die bres kan staan vir die land, sodat Ek dit nie sou verwoes nie; maar Ek het niemand gevind nie." - Esegiël 22:30 INLIGTING: Ligstryders bestudeer die Bybel met die doel om Bybelse oplossings te vind vir uitdagings en vraagstukke van vandag. Eie projekte word geloods en waar nodig vind koöedinasie plaas met ander Christen bewegings. "Julle moet nie bang wees vir hulle nie; dink aan die grote en gedugte Here, en veg vir julle broeders, julle seuns en julle dogters, julle vroue en julle huise." - Nehemia 4:14 AKSIE: Ligstryders streef daarna om "... te stry vir die geloof wat eenmaal oorgelewer is aan dié wat God vir Hom afgesonder het."- Judas 3 Ligstryders is daartoe verbind om op te staan en hulle uit te spreek vir Bybelse standaarde op elke terrein van die lewe. In kort is Ligstryders oral in die gemeenskap betrokke as sout en lig - altyd gereed om Christelike waardes te bewaar en te protesteer teen anti-Christelike invloede. "Wie staan by my en teen dié wat my leed aandoen? Wie help my teen mense wat my verontreg?" - Ps 94:16 |
[Mail to: Ligstryders] [Home] [Top of Page]