Kerkeenheid en die WRK / SARK

voorblad

Inhoud

Inleiding

"Welgeluksalig is die man wat niewandel in die raad van die goddeloseen nie staan op die weg van diesondaars en nie sit in die kring vandie spotters nie;maar sy behae is in die wet vandie HERE, en hy oordink sy wet dag ennag.En hy sal wees soos 'n boom watgeplant is by waterstrome, wat syvrugte gee op sy tyd en waarvan dieblare nie verwelk nie; en alles wathy doen, voer hy voorspoedig uit.So is die goddelose mense nie,maar soos kaf wat die wind verstrooi.Daarom sal die goddelose niebestaan in die oordeel en diesondaars in die vergadering van dieregverdiges nie.Want die HERE ken die weg van dieregverdiges, maar die weg van diegoddelose sal vergaan." - Ps 1

Die NG Kerk het met 'n proses begin om die NG Kerk familie in een super NG Kerk te verenig. Party van die komponente van die NG Kerk is egter lid van die Suid-Afrikaans Raad van Kerke (SARK). Hierdie feit het heelparty lidmate bekommerd gemaak. Die NG Gemeente in Petrus Steyn het dan in Oktober 1996 'n gemeentevergadering gereël waar Kerkeenheid en die SARK en W�reldraad van Kerke (WRK) bekyk is. Die gemeente het dr Willie Botha van die Sinodale Kommissie vir Leer en Aktuele Sake (SKLAS) gevra om oor Kerkeenheid te praat en vir my (Francois van Deventer) gevra om oor die WRK en SARK te praat.

Ongeveer 'n maand is gebruik om talle boeke deur te werk waar onder ook talle boeke van die WRK. Hierdie boekie is 'n sammevatting van die inligting wat aan hierdie gemeente meegedeel is.

Mag hierdie inligting Christene toerus om presies te weet waarvoor die WRK en die SARK staan en ook te weet hoe ons die WRK en SARK moet hanteer.

Vrugte

Wanneer na kerkeenheid gekyk word, is dit belangrik om te let op dit waarmee verenig word. Die Here het in Mat 7:15-18 dit duidelik gestel dat mense nie beoordeel moet word aan, of hulle s� dat hulle Christene is nie, maar aan hulle vrugte.

"Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is. Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. 'n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie! So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar 'n slegte boom dra slegte vrugte. 'n Goeie boom kan geen slegte vrugte dra nie, en 'n slegte boom ook geen goeie vrugte nie." - Mat 7:15-18

Ongelukkig is dit so, dat die VGK waarmee die NG Kerk wil verenig wel lidmaatskap het van die W�reldraad van Kerke (WRK) deur die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK). Nou kom ons kyk waarin die WRK sy Suid-Afrikaanse tak, die SARK glo.

WRK Geskiedenis

Die WRK se geskiedenis kan beskou word as 'n vervalkromme. Dit is in 1948 gestig, waarna die verval begin intree het. Soos wat die tyd aangestap het, het die verval al erger geword, todat daar vandag basies niks Christeliks van die W�reldraad van Kerke meer oorgebly het nie. (Sien meegaande grafiek)

Belangrike WRK konferensies
Degenerasie
1948Afgevaardigdes van 147 kerke en 44 lande stig die WRK25.
1950'sDialoog met Marxiste begin26.
1961Russiese (KGB) Kerke sluit aan by WRK27.
1968Een van die verslae by die WRK se Uppsala konferensie verklaar: "We recognise the importance of co-operating at every level with the Roman Catholic Church, with other non-member churches, with non-church organisations, adherents of other religions, men of no religion, indeed with men of goodwill everywhere."29
1970"Programme of Dialogue with People of other Living Faiths" Die veronderstelling is dat almal in dieselfde Opperwese glo, en dat al hierdie weë na die paradys lei - die koninkryk van God op aarde28.
1973Die Bankok WRK-konferensie word deur die President van die W�reld Boeddhiste Gemeenskap geopen28.
1975Algemene jaar vergadering is in Nairobi. By die Workshop on Spirituality het Katolieke, Ortodokses, Pinkster, Hindoes, Boeddhiste en Ateïste gekoukus oor 'n gesamentlike geestelikheid om al die euwels in die samelewing te bestry28. Een van die verslae lees as volg: "We cannot allow our faith, the gift of our sense of community in Jesus Christ, to add to the tensions and suspicions and hatreds that threaten to tear apart the one family of humanity" => Christelike godsdiens is 'n struikelblok in pad van eenheid29.
1983By WRK konferensie in Vancouver word 'n Rooi Indiaanse totempaal wat die inkarnasie van al die verskillende geeste van kruie, bokke, ens. simboliseer, gehys28
1991WRK Konferensie in Canberra. "Moslems, Hindoes, Christene, ens. word op dieselfde wyse gered"30

Anti-Christelike eienskappe van die Wêreldraad van Kerke

Daar is basies drie verskillende eienskappe van die WRK/SARK wat aantoon dat hulle nie Christus belei nie.
INTERGELOOF: Dit is die geneigdheid om Redding te herdefinieer en dan daarmee te impliseer dat dit nie net Christus is wat ons red nie.
ONDERSTEUNING VAN REWOLUSIONERES: Redding is gedefinieer as redding van Westerse (Christelike) invloed. Gevolglik moet derde wêreldlande "bevry" word van die Westerse invloed en kan Kommunistiese terroriste finansier word om dit te bereik.
GEEN MORELE WAARDES: Die WRK staan neutraal teen sake soos Aborsie, Homoseksualisme, Genadedood en Pornografie.

Intergeloof

"Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie." - Joh 14:6

'n Uittreksel uit 'n spesiale verslag by die Wêreldraad van Kerke beraad te Baar, Switserland in Januarie 1990 is gepubliseer onder die titel "Perspectives and Affirmations" in die WRK-publikasie "One World" in Maart 1990, en lui:

"Ons erken die behoefte om verby, teologie te beweeg wat verlossing tot die uitdruklike persoonlike toevertrouing aan Jesus Christus beperk. Verlossing kan beskikbaar wees vir dié buite die kudde van Christus op wyses wat ons nie kan verstaan nie, omdat hulle getroue en opregte lewens lei in hul konkrete omstandighede en binne die raamwerk van die godsdienstige tradisies, wat hulle rig en besiel."

Canberra konferensie

Die Australiese koerant "The Australian" van 11 Februarie 1991 berig as volg oor die Sewende Vergadering van die Wêreldraad van Kerke, gehou vanaf 7 tot 20 Februarie 1991 te Canberra, Australië :

"ALLE GELOWE IS EEN MET GOD - WRK:"
"Die Wêreldraad van Kerke het ekumenisme dié naweek tot sy verste perke gevoer en beweer dat Moslems, Hindoes en andere op dieselfde wyse as Christene gered word en het laasgenoemde teen 'eng' denkwyses gewaarsku.
"1

Beskilderde Inboorlinge pak die vuur aan om heilige rook te maak om die afgevaardigdes by die WRK vergadering te reinig.
heilige Rook
"Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie." - Joh 3:16-18,

Dr Peter Beyerhaus raporteer oor Canberra as volg:
"By Canberra het die toordokters van die Australiese inboorlinge 'n groot vuur van takke met vars blare gemaak, sodat daar baie rook was. Die vierduisend deelnemers, al die afgevaardigdes, biskoppe, teoloë en presidente van kerke, moes deur die rook van hierdie vuur gaan voor hulle in die kerk God kon gaan aanbid. Die verduideliking was dat dit 'n oeroue ritueel van die inboorling-stamme van Australië is. In hierdie rook word hulle 'in werklikheid aanvaar deur die geeste van die voorvaders'. Maar om dit meer aantreklik vir Christene te maak, was bygesê dat selfs die Heilige Gees ook in daardie rook teenwoordig sou wees! In my Bybel vind ek nie 'n enkele teks wat sê dat die Heilige Gees meng met die geeste van die voorvaders of met demoniese geeste nie!
WRK afgevaardigdes stap deur die 'heilige' rook
Stappery

Maar dit was nie al nie! Die eerste hoofspreker voor hierdie groot gehoor was Mej Chung Kyung, 'n Koreaanse teoloog. Sy is die dogter van 'n Koreaanse sjamaan - mens sou kon sê, 'n 'sangoma' (toordokter). Sy het die tema van die konferensie ingelei: 'Kom, Heilige Gees, maak die hele skepping nuut'.

Sy het gesê: 'Wel, ek sal vir u insig in die Heilige Gees gee. My leerstelling vind ek egter nie uit wat ek op die Christelike universiteit geleer het nie, maar ek sal dit vind in die wysheid van my eie mense van Oos-Asie. In my vaderland, Korea glo ons baie sterk aan geeste. Ons glo as 'n persoon doodgaan sonder dat hy vrede gevind het, word hy 'n rustelose gees, wat deur woede, angs, skade en droefheid aangevuur word. En totdat ons nie met hierdie geeste versoen is nie, kan daar geen harmonie tussen ons wat hier byeen is, wees nie'.
Sy het toe al hierdie geeste wat tydens hulle lewe misbruik was, opgeroep: Hagar, die tweede vrou van Abraham, wat na die woestyn verdryf was; Uria, wat deur Dawid doodgemaak is ; uit Suid-Afrika, Steve Biko, wat in die tronk dood is; uit Amerika, Malcolm X, die stigter van die Black Panther Beweging. Sy het ook die geeste van die visse wat in die Golfoorlog dood is, en die geeste van die bome wat in die Brasiliese Amasonewoude afgekap is, opgeroep. Sy het haar lang lys afgesluit deur te sê: 'En ten slotte, ons broer Jesus wat onskuldig aan die kruis gesterf het'. Sy het Hom dus met die geeste wat rusteloos ronddwaal en mense teister, gelykgestel!"
2

WRK 1991 Kalender:
Die WRK het 'n kalender uitgegee vir 1991 wat die anti-christelike trekke van die WRK verder beklemtoon. Die prent wat gebruik is vir Januariemaand is 'n okkultiese skildery van 'n Maori kunstenaar Kura Tewaru-rewiri. Ander skilderye het ingesluit 'n skildery deur Nalini Jayasuriya van Sri Lanka wat deur "haar kuns probeer om gesprek tussen verskillende godsdienste aan te moedig". Dina Cormick van Suid-Afrika se skildery vir Oktober gaan oor vroue want vroue word nie "genoeg in die Bybel geëer nie". Daar is ook 'n skildery vir Desember deur 'n Moslem kunstenaar.
1991 Kalender van die Wêreld Raad van Kerke
Okultiese skildery

1994 Intergeloofgebede3
Hierdie afwykings van die ware geloof is nie net teenwoordig by die WRK nie, maar ook by die SARK. Intergeloofsgebede is gehou die week voor die verkiesing van 27 April 1994. Dit was deur Yasmin Sooka georganiseer, 'n lid van die SARK.
Van die 21 lede van die paneel gemoeid met die intergeloofsgebede sluit in:
5 amptelike verteenwoordigers van SARK: Ms B Bam, Ms S Duncan, Ms V Geabashe, Dr K Mgojo, Dr B Naude
6 verteenwoordigers van afgodsdienste: Mr L van Loon (Boedis), Mr G Tombisa (Bahai), Sheikh N Mohamed (Moslem), Dr G Lubbe (WCRP-SA), Mr P Lakhani (Hindoe), Rabbie Harris (Jood)
Dit is geborg deur SARK, WCRP-SA en die SACBC. Die intergeloofsgebede is deur Cedric Mayson opgestel vanuit 17 verskillende godsdienstige geskrifte insluitend die Bybel. Hierdie dokument het aanhalings soos die volgende bevat:
Sri Ramakrishna: "Verskillende geloofsoortuigings is slegs verskillende weë na die Almagtige" (1.5)
Hindoe aanhaling: "Hy is die een God, verskuil in alle wesens, allesomvattend, die Self in alle wesens, wat waghou oor alle werke." (1.4)
Aanhaling van Moslems: "al kom julle na my met 'n aarde vol sondes, sal ek na julle kom met 'n aarde vol vergifnis... Vrees Allah... volg slegte dade op met goeie dade om dit uit te wis;... selfs die sondigste wat my met onverdeelde hart aanbid moet regverdig gereken word en ingaan in die ewige vrede... Oorwinnaars is diegene wat hulle berouvol na Allah wend." (2.4, 3.3)

"En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam [Jesus Christus] onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie." - Hand 4:12

SARK se Rite of Reconciliation
'n NG Gemeente in die Vrystaat het in Oktober 1996 'n geleentheid gereël waar kerkeenheid in die lig van die rekord van die WRK en SARK bekyk is. By hierdie geleentheid het ek die inligting in hierdie dokument aan die gemeente meegedeel, waarop Dr Willie Botha van die Sinodale Kommissie vir Leer en Aktuele Sake dit afgemaak het deur te sê dat die SARK nie so kwaai afwyk van die ware geloof soos die WRK nie. Hy het gesê dat die SARK se grondwet baie "Christelik" is en dat die SARK se houding baie verbeter het sedert 1994. Wel, dit is glad nie waar om te sê dat die SARK 'n beter rekord het nie. In Maart 1996 het die SARK die "Rite of Reconciliation" uitgegee wat godsdienstige goedkeuring gee aan die Waarheid en Versoeningskommissie. Hierdie publikasie stel metodes voor om hierdie goedkeuring in gesamentlike aanbidding uit te druk. Hierdie dokument getuig as volg oor die doel van die publikasie:
"It has been compiled in such a way that it can be adopted to suit the various traditions of our member-Churches as well as the particular circumstances of the local churches and parishes that make use of it. It is an offering to the churches to help the process of truth and reconciliation in our beloved South Africa."
Onder die opskrif van "Optional Rites" word verwys na 'n "Libation Rite" en dan volg die volgende gebed:
"As we pour out this libation, we call upon you, our ancestors, to be present at this ceremony of reconciliation.
We invite the Spirits of all who died before their time as innocent victims of human blindness, all those who died because they unknowingly defended a cruel political order.
We call for God's strength to face one another as members of his family.
We ask Jesus Christ, the atonement of our sins to plead for us with the father,
We invoke the Spirits of our ancestors to intercede on behalf of our new nation.
We ask for truth and simplicity of heart. We ask for compassion and mercy.
We ask for the capacity to forgive and to accept forgiveness.
We ask for courage and honesty through Christ our Lord.
AMEN"
4

"En as hulle vir julle sê: Raadpleeg die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê, wat piep en mompel--moet 'n volk nie sy God raadpleeg nie; moet vir die lewendes die dooies gevra word? Tot die wet en tot die getuienis! As hulle nie spreek volgens hierdie woord nie, is hulle 'n volk wat geen dageraad het nie. Dan sal hulle deur die land trek, beswaard en honger; en as hulle honger het, sal hulle in toorn uitbreek en hulle koning en hulle God vloek; dan sal hulle na bo kyk, ook die aarde aanskou, en kyk, daar sal benoudheid en duisternis wees! In jammernag en donkerheid is hulle gedrywe." - Jes 8:19-22

Ondersteuning van Rewolusionêres.

By die Bankok-konferensie is Redding (Salvation) deur die WRK geherdefinieer en gevolglik het die WRK dan ook hierna talle Rewolusionêres begin ondersteun. Redding is nou gedefinieer as "verlossing" van die "onderdrukkende" Westerse (lees Christelike) invloed. Ondersteuning is uitgespreek vir kommunistiese Noord-Viëtnam en talle pro-kommunistiese "vryheidsvegters" in Afrika en Suid-Amerika. Ook is geld deur die WRK geskenk aan organisasies wat bande met Kommuniste het soos die Viet Cong, Sandanistas van Nicaragua en terroriste in Zimbabwe, Namibië en Angola5.

In die WRK publikasie "Christians and Communists"6 word die volgende stelling gemaak:
"Christians must be ready to cooperate with atheists in shaping the world we all must live in. To be sure, there must be a genuine encounter with atheism... The revolution in Nicaragua in the fall of 1979 was a case of such cooperation. Many Christians gave thanks to God 'for the victory of the Nicaraguan people, and for the instrument of freedom - the Sandinista Front of National Liberation'... In such a society Christians and Marxists alike have only one choice: to work together for the overthrow of this oligarchy7, which dominates farming and industry in close association with transnational corporations."

Dit is waar dat die rewolusionêre regering wat in 1979 in Nicaragua oorgeneem het, met die hulp van Katolieke aan bewind gekom het. Wanneer mens egter die rekord van hierdie regering ondersoek dan kom mens gou agter dat hulle defnitief net die terminologie en idees van Christene misbruik het om hul eie politieke motiewe te bereik. Dit is egter ironies dat hierdie rewolusie geensins vryheid gebring het nie.
'n Sandinista rewolusionêre plakkaat in Nicaragua: 'The Crucified Christ and the Guerilla Fighter' - Breaking Faith p 159
Godslasterlike plakkaat

Party van die meer opspraakwekkende gebeure in Nicaragua sluit in8:

Apr 1980Die rewolusionêre regering weier om die Sowjetinval in Afganistan te veroordeel.
Sep 1980Massademonstrasies word in die Atlantiesegebied georganiseer om die verwydering van Kubaanse onderwysers te eis.
Julie 1981Massa-arrestasies van Moroviaanse sendelinge volg in die Atlantiesegebied.
Jan 1982Die gedwonge hervestiging van meer as 10,000 Miskito Indiana begin. 49 Indiaanse nedersettings word totaal verwoes.
Mrt 1982'n Noodtoestand word uitgevaardig wat persoonlike vryheid opskort en totale sensuur op die media instel.
Mei 1982Die "Committe of Social Action" van die Moroviaanse Kerk word ontbind deur die rewolusionêre regering.
Mei 1982Alle kerke in die Atlantiesegebied moet preke en publikasies aan die staatssekuriteit oorhandig vir goedkeuring.
Apr 1983'n Regerings dekreet vereis dat preke van kerkleiers eers gesensor moet word deur die Ministerie van Internesake voor dit uitgesaai word. Direkte uitsendings word verbied.
Mei 1983'n Katolieke priester, Timoteo Merino, word uit Nicaragua verban.
Nov 1983Twee Siciliaanse priesters word verban.
Jan 1984Die Ministerie van Onderwys weier dat die Katolieke La Salle Skool sy eie onderwysers mag huur.
Jan 1984Die regering slaan toe op die National Council of Evangelical Pastors
Julie 1984Tien top Katolieke priesters word verban. Die regering sê dat hulle betrokke was by teen-rewolusionêre aktiwiteite.
Jan 1984Die gedwonge hervestiging van 50,000 plattelanders begin in vyf provinsies.
Mei 1985Die president van die Union of Catholic Parents, Sofonías Cisneros, word gearresteer en gemartel deur die polisiehoof Lenin Cerna nadat hy die Marxistiese en verpolitiseerde aard van die amptelike onderwysprogram veroordeel het.

Die WRK het openlik amper $10 miljoen aan Noord Viëtnam en die Viet Cong geskenk gedurende die Viëtnam oorlog om Viëtnam te help teen die "uitbuiting" van die Noord Atlantiese magte9. Verder het die WRK hom uitgespreek teen die "kapitalistiese" Suid-Korea10 omdat hulle "onderdrukkend" is. Die WRK het selfs groepe soos ZANU wat in guerilla oorlogvoering betrokke was, befonds11. Na die tot standkoming van die "Programme to Combat Racism" in 1970, het die WRK etlike duisende dollars aan groepe geskenk wat "onderdruk" word12.

Daar is talle pogings aangewend om die WRK so ver te kry om hom uit te spreek teen die vervolging en onderdrukking van Christene in Oos-Europa en die USSR. Daar het egter niks van gekom nie13

Geen Morele waardes

Aborsie:

"En as manne met mekaar veg en 'n swanger vrou so stamp dat haar vrug afgaan, maar daar geen ander letsel is nie, moet hy sekerlik boete betaal soos die man van die vrou hom dit oplê, en hy moet dit deur skeidsregters gee. Maar is daar 'n letsel, dan moet jy gee lewe vir lewe," - Eks 21:22-23

"The WCC[WRK] has not made any significant statement about abortion beyond recognizing that it presents a serious ethical problem and that most churches are opposed to it."14

Tog het die WRK hom kwaai uitgespreek teen "rassisme" en "onderdrukking" en selfs sover gegaan om terroriste groepe van fondse te voorsien. Daar is egter geen programme begin om die onskuldige ongebore babas wat wêreldwyd teen 'n tempo van 55 miljoen per jaar vermoor word te red of te help nie. Daar is geen geld aan pro-lewe organisasies geskenk om hulle te help in die geveg teen aborsie nie. Daar is nie teen die Sowjet Unie uitgevaar omdat hulle elke jaar 9 miljoen ongebore kinders vermoor nie, Sjina is nie veroordeel omdat hulle 30 miljoen babas elke jaar vermoor en 'n program het wat slegs een kind per gesin toelaat nie. Daar is geen uitsprake gemaak teen sulke gruwelikhede soos "late term abortions" waar die baba gedood word reeds 6 tot 9 maande in die swangerskap. Hierdie tipe aborsie word as volg beskryf: "Partial-birth abortions are performed late in pregnancy by delivering the live baby except for his or her head, opening the skull by means of scissors, inserting a catheter to remove the brains, and then completing the delivery of a now dead baby"15.

Die Suid-Afrikaanse Regering het die "Termination of Pregnancy" wet [B80-96] voor die parlement gelê vir goedkeuring in 1996. Hierdie wet sal in effek aborsie op aanvraag beskikbaar stel in Suid-Afrika. Duisende Christene het teen hierdie wet beswaar gemaak, maar die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) was een van die eerste kerklike instansies wat hom ten gunste van hierdie wetgewing uitgespreek het16.

Homoseksualisme:
"The WCC [WRK] has not directly addressed ethical, theological and ecclesiological issues raised by homosexuality. The sixth assembly (1983) encouraged churches to examine and study for themselves and with one another the question of homosexuality."17

"Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is; en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang. En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan 'n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie:" - Rom 1:26-28


Genadedood:
Die enigste stelling wat die WRK oor genadedood maak is: "Euthanasia [genadedood] has not been an object of significant ecumenical debate."18

Die Woord van God sê egter: "Jy mag nie doodslaan nie." - Eks 20:13

Pornografie:
Signposts berig dat by die WRK se konferensie in Canberra, die volgende gebeur het: "In die voorportaal van die konvensiesentrum kom ek op 'n tafel af wat 'n feministiese boek aanbeveel, met pornografiese prente ("cartoons") daaromheen, ook een van 'n paartjie wat 'n onnatuurlike daad pleeg," sê eerwaarde Austin. "Ek het net-net die versoeking weerstaan om nie die tafels van die wat die pornografie verkoop, om te gooi nie, maar het darem al die prente verwyder - wat die vrou op diens by die stalletjie woedend gemaak het. Ek het hulle na die WRK se Inligtingstoonbank geneem, maar hulle gee dit net weer terug aan die vrou."

Maar baie erger dinge sou kom. 'n Roemeense kerkman het 'n Kanadese vroulike afgevaardigde gevra om 'n onnatuurlike geslagsdaad met hom te pleeg, volgens Sunday Times, Londen (24/02/91). Toe sy weier, het die man haar teen die kop geslaan totdat sy toegegee het. 'n WRK-woordvoerder het bevestig dat die polisie die klag ondersoek het, maar dat die Roemeniër reeds weg was. Hy kon dus nie gevra word of die prente sy passie aangevuur het nie!

The Sunday Times gaan voort: "Daar was toe ook ander insidente, trouens so baie, dat 'n spesiale tent wat Womanspace genoem is, opsy gesit is as 'n toevlugsoord vir die vroue wat die attensies van die sogenaamde 'manne van God' wou ontvlug."

Die WRK het dit verkies om die leerstellinge van die Bybel, wat die enigste grondslag vir morele gedrag is, opsy te skuif. Hy is nou besig om die logiese vrugte van sy besluit te pluk."
19

"Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na 'n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het." - Matt 5:28

Wat moet ons doen?

Dit is duidelik dat die WRK/SARK heidene is wat (al noem hul hulself Christene) nie as Christene beskou kan word nie, want hul vrugte weerspreek hul belydenis.

"Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!" - Mat 7:21-23

Hulle is dus heidene wat geëvangeliseer moet word. Dit beteken egter nie dat ons nou soos hulle moet word om hulle te kan evangeliseer nie. Almal sal tog saamstem dat dit nie nodig is om 'n moordenaar te word om moordenaars te evangeliseer nie. Of 'n drankverslaafde om drankverslaafdes te evangeliseer nie. Of 'n prostituut om prostitute te evangeliseer nie.

Christene mag nie hulself afsonder van die wêreld nie, maar moet die sout van die aarde en die lig van die wêreld wees (Mat 5:13-14). Tog beteken dit nie dat ons soos die wêreld moet word nie. Ons moet getuies in die wêreld wees en dit wat verkeerd en teen die Woord van God is, aanvat en sê dat dit verkeerd is.

Die woorde van Martin Luther is besonders gepas: "As ek met die hardste stem en duidelikste ontleding van elke gedeelte van God se waarheid getuig, behalwe presies daar waar die wêreld en die duiwel op daardie oomblik besig is om die aanval te rig, dan bely ek nie vir Christus nie, al bely ek Hom ook hoe onbeskaamd. Daar waar die stryd woed, daar sal die lojaliteit van die soldaat bewys word; en om standvastig op al die gevegsterreine te wees en net bloot op daardie kritieke punt te faal, is net eenvoudig dieselfde as om te vlug en is 'n skande."20

"Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis? En watter ooreenstemming het Christus met Bélial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige?" - 2 Kor 6:14-15
Party Christene probeer hierdie verse afmaak deur te sê dat dit net geld vir huwelike. Die agtiende eeuse volledige kommentaar van die hele Bybel van Matthew Henry lewer as volg kommentaar op 2 Kor 6:11-18:
"The apostle proceeds to address himself more particularly to the Corinthians, and cautions them against mingling with unbelievers. ... II. The caution of exhortation itself, not to mingle with unbelievers, not to be unequally yoked with them, v14. Either,
1. In stated relations. It is wrong for good people to join in affinity with the wicked and profane; these will draw different ways, and that will be galling and grievous. Those relations that are our choice must be chosen by rule; and it is good for those who are themselves the children of God to join with those who are so likewise; for there is more danger that the bad will damage the good than hope that the good will benefit the bad.
2. ln common conversation. We should not yoke ourselves in friendship and acquaintance with wicked men and unbelievers. Though we cannot wholly avoid seeing, and hearing, and being with such, yet we should never choose them for our bosom-friends.
3. Much less should we join in religious communion with them; we must not join with them in their idolatrous services, nor concur with them in their false worship, nor any abominations; we must not confound together the table of the Lord and the table of devils, the house of God and the house of Rimmon. The apostle gives several good reasons against this corrupt mixture. (1.) lt is a very great absurdity, v. 14, 15. lt is an unequal yoking of things together that will not agree together; as bad as for the Jews to have ploughed with an ox and an ass or to have sown divers sorts of grain intermixed. What an absurdity is it to think of joining righteousness and unrighteousness, or mingling light and darkness, fire and water, together! Believers are, and should be, righteous; but unbelievers are unrighteous. Believers are made light in the Lord, but unbelievers are in darkness; and what comfortable communion can these have together? Christ and Belial are contrary one to the other; they have opposite interests and designs, so that it is impossible there should be any concord or agreement between them. lt is absurd, therefore, to think of enlisting under both; and, if the believer has part with an infidel, he does what in him lies to bring Christ and Belial together. (2.) lt is a dishonour to the Christian's profession (v. 16); for Christians are by profession, and should be in reality, the temples of the living God - dedicated to, and employed for, the service of God, who has promised to reside in them, to dwell and walk in them, to stand in a special relation to them, and take a special care of them, that he will be their God and they shall be his people. Now there can be no agreement between the temple of God and idols. ldols are rivals with God for his honour, and God is a jealous God, and will not give his glory to another. (3.) There is a great deal of danger in communicating with unbelievers and idolators, danger of being defiled and of being rejected; therefore the exhortation is (v. 17) to come out from among them, and keep at a due distance, to be separate, as one would avoid the society of those who have the leprosy or the plague, for fear of taking infection, and not to touch the unclean thing, lest we be defiled. Who can touch pitch, and not be defiled by it? We must take care not to defile ourselves by converse with those who defile themselves with sin; so is the will of God, as we ever hope to be received, and not rejected, by him. (4.) It is base ingratitude to God for all the favours he has bestowed upon believers and promised to them, v. 18. God has promised to be a Father to them, and that they shall be his sons and his daughters; and is there a greater honour or happiness than this? How ungrateful a thing then must it be if those who have this dignity and felicity should degrade and debase themselves by mingling with unbelievers! Do we thus requite the Lord, O foolish and unwise?"

In 2 Kor 18-20 sien mens wat met Jósafat gebeur het toe hy 'n verbond met die goddelose Agab gesluit het. Die Here was nie tevrede hiermee nie en gevolglik het God se toorn ontvlam (19:2). Jósafat het óók 'n verbond met die goddelose Ahásia gesluit (20:35-37) en gevolglik het die HERE 'n ramp oor Jósafat gebring en sy skepe het skipbreuk gely.

Christene moet egter oppas dat hulle die opdrag om nie met ongelowiges aan dieselfde juk te trek, misbruik om doodstil te bly en hulself aan die wêreld te onttrek nie. Toe Daniël en sy vriende na 'n vreemde land weggevoer is waar afgode aanbid is, het hulle hulself nie aan die wêreld onttrek en 'n kluisenaarsbestaan gevoer nie. Hulle het in die regering gedien, maar sonder om 'n millimeter af te wyk van dit wat God in sy Woord sê. Gevolglik is Daniël se vriende in die brandende oond gegooi toe hulle geweier het om die knie te buig voor die afgod en is Daniël vir die leeus gegooi omdat hy nie wou ophou bid nie.

In die lig van hierdie voorbeelde is dit onaanvaarbaar dat kerke hulself onder die gesag van die WRK en SARK wil plaas. Die feit dat party kerke wat Christus belei, wel by die SARK / WRK aangesluit het, plaas 'n geweldige groot verantwoordelikheid op hierdie kerke se skouers, want nou MOET hulle onbeskaamd standpunt vir die evangelie ingeneem en sal dit ongetwyfeld tot 'n botsing lei en sal hulle ongetwyfeld óf uit die SARK / WRK geban word óf die evangelie moet afwater tot niks. Die tyd sal ons leer of hierdie kerke die evangelie ernstig opneem en of dit vir hulle net hol woorde geword het.

Intussen moet ware gelowiges voortdurend die evangelie van die Here Jesus Christus tydig en ontydig verkondig:

"want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus," - 2 Kor 10:4-5

Dink maar net aan die sendeling Boniface wat na die ongekerstende Duitsers gegaan het. Hulle het die heilige boomstam van die dondergod Thor aanbid. Boniface het egter in die krag van God en die Evangelie geglo en net eenvoudig die "heilige boom" afgekap en 'n kerk daarvan gemaak. Duisende Thoraanbidders het Christene geword toe hulle sien dat hulle afgod, Thor, nie vir Boniface met weerlig getref het nie21.

Dit is presies wat Elia in 1 Konings 18 gedoen het toe hy die Baalprofete uitgedaag het op Karmelberg om hul afgode te aanbid en dan sal hy die lewende God aanroep om die offer te verteer. Nodeloos om te sê wie se God geantwoord het.

Dit is presies wat Christene vandag te doen staan. Die moderne "heilige bome" moet afgekap word en die moderne afgode moet ontbloot word as stommes en dowes. Die WRK probeer om heidene wat onder die oordeel van God is te help sonder om die evangelie aan hulle te bring. David Chilton som dit so op:
"The central fact about the heathen is that they are living in rebellion against the one true God, and are therefore under God's curse22. The economic issue is a symptom of their condition; but the problem with pagans is primarily religious and ethical. To neglect this central point in order to focus only on their poverty is radically unbiblical and immoral.
If pagans are truly to be helped, they and their culture must be converted to the Christian faith. If we seek merely to neutralize the effects of God's righteous judgement upon them, we are manifesting contempt for Him, and our efforts will not be blessed. Our major concern must be to reconcile the heathen to God whom they have offended. The problem is religious; the solution is religious as well...

The fact that the poor nations are suffering under the judgment of God does not mean we should disregard the real misery of these people. But it does require that we approach them carefully, with a Biblical, theologically informed mind. Our actions toward them must be concerned with transforming their cultures by the Word of God23"24,

So, as ons dan die armes wil help, gaan ons dit op God se manier doen of op die mens se manier?

Mag die Here ons daarvan bewaar dat ons Sy Evangelie sal afwater. Mag Hy ons krag gee om onder alle omstadighede getrou te staan by dit wat in sy Woord staan.

Voetnotas

  1. Handves vir Geloofsvryheid, Dr WPD de Waal
  2. Op pad na een Wêreldgodsdiens? Ontmaskering van die Intergeloofsbeweging, Dr Peter Beyerhaus, p12-13
  3. Panel of Religious Leaders for Electoral Justice, Program uitgegee deur paneel.
  4. Rite of Reconciliation, SARK Publikasie, Maart 1996, SACC Posbus 4921 Johannesburg 2000
  5. Christians and Communists An ecumenical perspective, Ans J van der Bent, p30,33,34
  6. Christians and Communists An ecumenical perspective, Ans J van der Bent, p30,33,34
  7. Oligargie beteken "regering deur die minderheid". Dit is egter interesant om daarop te let dat in dieselfde publikasie (Appendix II) aangetoon word dat daar 1381 miljoen mense in Kommunistiese lande is waar slegs 76 miljoen lede is van die Kommuniste Party ( 0.055%)
  8. Breaking Faith, The Sandinista Revolution and its impact on Freedom and Christian Faith in Nicaragua, Humberto Belli, p255-261
  9. The Fraudulent Gospel, Bernard Smith, p79,89
  10. The Fraudulent Gospel, Bernard Smith, p93-99
  11. The Fraudulent Gospel, Bernard Smith, p13-20
  12. The Fraudulent Gospel, Bernard Smith, p33
  13. The Fraudulent Gospel, Bernard Smith, p53,54
  14. Dictionary of the Ecumenical Movement, WRK Publikasie, Nicholas Lossky, José Míguez Bonino, John S Pobee, Tom F Stransky, Geoffrey Wainwright, Pauline Webb, p2
  15. Persverklaring uitgereik deur: Mrs Mary E Stone, e-mail: [email protected]
  16. Radio Pretoria, 15 Oktober 1996, vroegoggend program
  17. Dictionary of the Ecumenical Movement, WRK Publikasie, Nicholas Lossky, José Míguez Bonino, John S Pobee, Tom F Stransky, Geoffrey Wainwright, Pauline Webb, p478
  18. Dictionary of the Ecumenical Movement, WRK Publikasie, Nicholas Lossky, José Míguez Bonino, John S Pobee, Tom F Stransky, Geoffrey Wainwright, Pauline Webb, p391
  19. Signposts, Vol 10 Nr 3A, 1991
  20. Vryvertaal vanuit Engels. The Christian Voice of Southern Africa, Posbus 2126, Durbanville, 7550.
  21. The Days of Vengeance, David Chilton bl 497
  22. Lev 26, Deut 28
  23. Matt 28:19-20
  24. Productive Christians in an Age of Guilt Manipulators, Institute for Christian Economics.
  25. Dictionary of the Ecumenical Movement, WRK Publikasie, Nicholas Lossky, Jos� M�guez Bonino, John S Pobee, Tom F Stransky, Geoffrey Wainwright, Pauline Webb, p1098
  26. Christians and Communists: An ecumenical perspective, Ans J van der Bent, WRK publikasie, p30
  27. Die Wêreldraad van Kerke 'n anti Christelike wegbereider, Ds AE vd Berg, p4
  28. Op pad na een W�reldgodsdiens? Ontmaskering van die Intergeloofsbeweging, Dr Peter Beyerhaus, p10-12
  29. The Fraudulent Gospel, Bernard Smith, p107,103, 109
  30. Handves vir Geloofsvryheid, Dr WPD de Waal

[Back] [Mail to: Ligstryders] [Home] [Top of Page]

Saam